HY HET VIR ONS GEVEG | HY HET VIR ONS GESTERF | HY LEEF VIR ONS!
Jesus se lewe het gewys wat dit beteken om dapper te wees. Hy het vir ons geleef sodat ons deur genade gered kon word. Ons kan elke dag leef met die wete dat ons vergewe is. As dissipels het ons God aanvaar en erken wie Hy is. Ons weet dat ons as Christene geroep is om Sy Koninkryk te bou en Sy leër te laat groei – daarom is ons geroep om dissipels te maak.
In 2025 sal ons Sy Koninkryk bou en dié wat Hom nie ken nie na die voet van die kruis bring! Ons sal liefhê, lei, begelei en leer sodat die mense rondom ons God se Woord en Sy planne vir ons lewens kan verstaan en volg. God is Jehovah-Jireh – Hy sal voorsien!
YTH, IS JY GEREED?
“Wees waaksaam; staan vas in die geloof; wees moedig; wees sterk.”
– 1 Korintiërs 16:13
Kom ons leef vir Hom – Christus-gesentreerd, Gees-vervul & Sosiaal-verantwoordelik!
YTH is elke Vrydag van 18:00-20:30.
Dit vind plaas by die kerk in die “Upper-room” / YTH venue.
Kontak gerus vir Jayme op 072 870 4052 of Kerkkantoor op 082 418 9349 as jy enige navrae het oor die jeug.